Heuning-Neut-Granola

Lewer omtrent 7 koppies

Bestandele

  • 2 k. hawermout
  • 3 k.All Bran vlokkies
  • 1 k. klapper
  • 1 k. Amandels
  • 1 k. kasjoeneute
  • 1 k.heuning
  • ½ k. olie
  • ¼ k. bruin suiker
  • 1k. goue sultanas

Metode

  1. Voorverhit oond op 150°C en voer groot bakplaat met bakpapier uit.
  2. Rooster hawermout 15 min. tot goudbruin. Roer gereeld.
  3. Gooi in groot bak. Voeg ontbytvlokkies en neute by, asook klapper.
  4. Verhoog temperatuur na 180°C. Voer twee bakplate met foelie uit en smeer goed met olie.
  5. Verhit olie, heuning en bruinsuiker saam. Meng goed en gooi oor mengsel in bak. Roer goed deur met jou hande.
  6. Verdeel hoeveelheid tussen twee bakplate, sprei egalig. Bak 15 min. Roer gereeld.
  7. Voeg sultanas by elk. Meng goed deur. Bak nog 10 min. tot donker goudkleur. Laat afkoel op plate.


Bêre in lugdigte houer.

Deel 'n Resep of Wenk

+27
Search
    Kan ons jou naam en van gebruik indien ons jou resep of idee wil gebruik om op Die Spens webblad te plaas?
    NEE
    JA
    0 (Min. 50 Characters)
    Bevestig deur boksie te merk *

    Ek bevestig dat ek die Bepalings en Voorwaardes gelees het en dat ek dit aanvaar.