Maleise Kerrievis

Bestanddele

  • 1 kg. geelstert/Geelbek of Kabeljou (enige ferm vis). Meel om oor vis te sprinkle.
  • Olie vir vlak braai - olie net pan se bodem bedek
  • 2 groot uie (gekap) of in ringe

Bestanddele vir sous

  • 350 ml. wit druiwe asyn
  • 250 ml.water
  • 1 ½ k. suiker
  • 15 ml. Kerrie
  • 5 ml. borrie
  • 5 ml. sout
  • 2 ml. fyn gemmer
  • 8 swart heel peperkorrels
  • 30 ml. meelblom en water om  pasta te vorm om sous te verdik
  • 2 koppies droë perskes -net sag gekook. Voeg heel laaste by sous. Laat sous warm oor vis gegiet word

Metode

  1. Sny vis in mootjies (porsies). Rol in meelblom.
  2. Braai uie tot effens glasig. Skep uit en hou tot benodig.
  3. Braai vis in oond of in pan op stoof tot gaar. (vis braai vining en vertoon in wit kleur wanneer gaar) 1 ½ min. aan elke kant
  4. Pak vis en uie om beurt in bak wat kan seël met deksel.
  5. Gooi sous warm oor vis-Maak seker dat al die vis goed bedek is met sous
  6. Hou vir drie dae in bak voor gebruik in yskas

Deel 'n Resep of Wenk

+27
Search
    Kan ons jou naam en van gebruik indien ons jou resep of idee wil gebruik om op Die Spens webblad te plaas?
    NEE
    JA
    0 (Min. 50 Characters)
    Bevestig deur boksie te merk *

    Ek bevestig dat ek die Bepalings en Voorwaardes gelees het en dat ek dit aanvaar.