‘n prutpot is ideal vir voorbereiding
Bestandele
- 1.5 Kg. Beesstert in litte gesny
- Bietjie kookolie
- Genoeg meel om vleis in te rol.
- 4 groot uie gekap
- 4 knoffelhuisies (druk fyn)
- 1 E suiker
- 300gr. Sampioene (opsioneel)
- ¼ t. mosterdpoeier
- 1 E. growwe sout
- 1 t. vars gemaalde swart peper
- 1 E Tamatiepasta
- 1 pk. Osstertsop aangemaak in 1 ½ k. water
- ¼ k. fyn gekapte pietersielie
- 2 k. droëperskes
- 1 k. ontpitte pruimedante
Metode
- Braai uie en knoffel in olie tot effens glasig.
- Doop vleis in meel - braai in dieselfde olie tot effens verbruin.
- Plaas in prutpot (anders in swaarboompot)
LW Indien op stoof gaargemaak word, moet vog aangevul word – vleis moet net prut.
- Voeg res van bestanddele by, gehalwe pietersielie.
- Verhit prutpot op Hoog tot kookpunt - dan op Low (Laag) vir ± 6 ure
- Sprinkel pietersielie net voor opdiening oor
Bedien met rys, aartappels of koring.