Rosyntjiesous by Beestong

Kan by vars-of soutbeestong gaar voorgesit word

Bestanddele

  • ½ K. pitlose rosyne.
  • 1 ½ k tongaftreksel (vloeistof waarin tong gekook is)
  • ½ k. bruin suiker
  • 1 t. mosterdpoeier
  • 1 e. meelblom
  • 2 e.suurlemoensap
  • ¼ t gerasperde suurlemoen skil
  • ½ k. rooiwyn

Jou Beestong - Hoe gemaak...

  • 1 beestong
  • Knippie sout
  • 2 wortels
  • 2 uie
  • 4 kruienaeltjies
  • 2 lourierblare
  • 2 takkies tiemie
  • 2 takkies pietersielie


Bedek tong met water en kook tot sag.


Prutpot: In prutpot verhit op Hoog(High) tot kookpunt. Kook verder op Laag (Low) vir ± 4 ure of tot sag. Trek vel versigtig a fen plaas terug in vloeistof . Haal uit wanneer nodig en afgekoel is. Sny dan in skyfies.

Metode

  1. Laat rosyntjies in aftreksel lê tot mooi uitgeswel.
  2. Meng al die ander bestandele en voeg by rosyne in aftreksel.
  3. Kook stadig tot mengsel verdik – kook nog 5 min.
  4. Sny tong in dun skyfies.
  5. Gooi warm sous oor dit.

Gereg kan gevries word tot benodig, verhit wanneer nodig.

Deel 'n Resep of Wenk

+27
Search
    Kan ons jou naam en van gebruik indien ons jou resep of idee wil gebruik om op Die Spens webblad te plaas?
    NEE
    JA
    0 (Min. 50 Characters)
    Bevestig deur boksie te merk *

    Ek bevestig dat ek die Bepalings en Voorwaardes gelees het en dat ek dit aanvaar.