Idees vir geregte met droëvrugte

Heerlike nagereg

Bestandele

  1. Gebruik ontpitte pruimedante. Kook (prut) tot net sag. Verkoel. Maak sny in elke pruimedant. Skep ½ teelepel roomkaas binne elke pruimedant. Rol elke pruimedant in ½ repie streepspek. Steek met tandestokkie vas.

 

Braai in oond op gesmeerde bakplaat of in pan op stoof. Bedien warm as peuselhappie. Pruimedante kan met heel dadels vervang word. Geniet!

 

  1. In plaas van appelkose kan gaar droëperskes saam met vleis op sosatiestokkies geryg word. Kook perskes net tot sag maar ferm. Laat afkoel en verdeel indien nodig.

 

  1. Dadels gekook saam met appelkooskonfyt maak lekker vulsel vir vrugte tertjies (Jan Smuts koekies)

 

  1. By vingerete kan enige vars droë-vrugte en neute op groot houtborde in hopies gepak word saam met kase, koue vleise, en “crostinis” Smere soos humus, Tapanade, Pesto ens. Versier met vars druiwe of suurlemoenblare.

 

  1. Kook droëperskes tot sag. Verkoel. Plaas in voedselverwerker. Maak fyn, Krummel skuimpies grof in hoëglase. Skep perskes en Griekse jogurt, alternatief met skuimpie-krummels. Versier bo-op met rooi kersie. Bedien as somer nagereg.

Deel 'n Resep of Wenk

+27
Search
    Kan ons jou naam en van gebruik indien ons jou resep of idee wil gebruik om op Die Spens webblad te plaas?
    NEE
    JA
    0 (Min. 50 Characters)
    Bevestig deur boksie te merk *

    Ek bevestig dat ek die Bepalings en Voorwaardes gelees het en dat ek dit aanvaar.